air jordan ireland new balance ireland longchamp taschen longchamp wien new balance wien timberland australia mont blanc pens cheap oakley sunglasses nike air max australia cheap oakleys air jordan pas cher nike belgique louboutin pas cher
Die Lady Grey Passiespel, ‘n jaarlikse produksie, wat Jesus Christus se geboorte, lewe, leiding, kruisdood, opstanding en Hemelvaart uitbeeld, word hierdie jaar vir die veertiende agtereenvolgende jaar aangebied. Hierdie gesamentlike projek van die Lady Grey Kunste-Akademie, die NG-Gemeente en die groter gemeenskap van Lady Grey het ten doel het om die Evangelie op unieke en spesiale wyse te verkondig. Die drie-dae-lange produksie, met ongeveer 160 akteurs en verskeie dansers, vind jaarliks gedurende die Paasnaweek plaas en word op verskillende plekke in die skilderagtige dorpie opgevoer. Die opvoering se teks is in engels – baie verstaanbaar en aangrypend. Omdat die omgewing van Lady Grey so mooi is, het ons besluit om die toer te verleng en om ook die omgewing van Barkly Oos, Rhodes, Ugie en McClear te verken.
DAG 1
Ons vertrek vanuit Pretoria en reis deur die Oos Vrystaat en besoek Clarens. Hier kan u na hartelus vir twee ure lank in Clarens se kunstenaarsdorp rondkuier. Besoek die Purple Onion, Nastergal of eet iets by een van die talle restaurante. Clarens is vernoem na die dorpie in Switzerland waar President Paul Kruger oorlede is. Aandete en oornag 15km buite Clarens.
DAG 2
Net na ontbyt vertrek ons in die rigting van Rhodes en ry deur dorpe soos Ficksburg, Clocolan, Ladybrand, Wepener, Zastron, Lady Grey en Barkly Oos. Hiervandaan volg ons die pad oor Moshesh’s Ford na Rhodes. In die namiddag verken ons die dorp. Aandete en oornag Rhodes.
Dag 3
Vandag gaan ons saam met ‘n gids vir die dag en verken die omgewing. Ons bewonder ook die natuur terwyl ons tot op die kruin van die Naudesnekpas ry. Hierna besoek ons Tenahead Mountain Lodge, ‘n luukse lodge in die middel van nêrens! Na ‘n heerlike koppie koffie in hierdie mooi omgewing keer ons terug huistoe en geniet weereens die ongelooflike mooi natuur! Aandete en oornag Rhodes.
DAG 4
Van Rhodes af ry ons deur Barkly Oos, Elliott, Ugie tot in McClear. Voort na McClear waar ons vanaand oornag en in die dorp se enigste restaurant ons aandete gaan geniet. Aandete en oornag McClear.
DAG 5
Na ‘n heerlike ontbyt groet ons McClear en besoek die Tsitsa Waterval. Hiervandaan ry ons terug in die rigting van die Barklypas, ry weer deur die dorpe van Elliott en Ugie en bekyk dit van nader. En dan uiteindelik die hoogtepunt van ons toer! Lady Grey en…die Passiespel! Die Passiespel word so aangebied dat daar ook geleentheid is om saam met die kunstenaars deur die dorp te beweeg en sodoende raak u deel van die opvoering.
DAG 6, 7, 8 oornag ons ook in Lady Grey.
Die verrigtinge begin op Vrydagoggend om 09:00met ‘n Erediens in die NG Kerk. Die Passiespel begin om 14:00 Vrydagmiddag en duur tot Sondagmiddag. Tussendeur die opvoerings sal ons die dorpsdam besoek en ‘n draai deur die dorp maak.
DAG 9
Ons vertrek vandag terug na Pretoria. Ons ry deur Aliwal Noord en Bloemfontein tot in Pretoria. Ons arriveer ongeveer 17:00 in Pretoria met wonderlike herinneringe aan die Passiespel in Lady Grey wat ons aangeraak het asook die mooi natuur in die omliggende dele van Lady Grey!
Toer datum | 18 - 22 April 2019 |
Vertrekpunt | Garden Court Hotel Hatfield |
Vertrektyd | 06h00 |
Prys | R6245 |
Enkelbybetaling | R450 (sonder Lady Grey) |
Deposito | R1000 |
1. Clarens kunstenaarsdorp
2. Naudesnekpas - Rhodes
3. Lady Grey Passion Play
4. Altech Konsertkoor
5. Tsitsa Waterval
Isabel van Zyl
Riekie
Elsabe Roets
Pieter en Ansie
Neels en Ria
Susan Botes
Marina Pieters
Esme van der Walt
Elzette Minnaar Toere is 'n Suid-Afrikaanse toer operateur wat spesialiseer in bestemmings in Suid-Afrika, Botswana, Kenia, Mosambiek, Namibië, Tanzanië, Zimbabwe en Europa vir die 50 plus ouderdoms groep!
Kwaliteit toere teen sakpas pryse
Vriendelike diens van personeel en toergidse
Beste sorg vandat 'n bespreek tot u terugkeer
Kwaliteit akkommodasie en luukse vervoer
Smaaklike maaltye en opvindende uistappies